guy, man, people-2617866.jpg

Ek kan nie meer nie!!

Ek kan nie meer nie!!!

Almal wil verander maar nie almal weet hoe om dit te doen nie. Verandering het ‘n blou “overall’ aan en nie almal is beruid om een aan te trek nie. Verandering is harde werk!

Die Storie

Dit was ‘n koue wintersdag terwyl ek in my Volkswagen 1.8 Fox rondgery het, so rondom 11 uur die oggend in Pretoria-Oos, toe ek vir die hoeveelste keer ‘n oproep kry en weer moes terug ry na ‘n kliënt wat alweer kerm oor hul elektriese omheining wat die heeltyd skree. Na die oproep toe voel ek ek kan net eenvoudig nie meer nie. Ek kan nie die ondankbare werk doen vir so ‘n ondankbare inkomste nie! Bo op dit alles het ek so doelloos geleef dat ek maar net sowel die hele “partytjie” kon stop. Ek was leeg, ontevrede en kwaad. Kwaad vir God, vir myself en die kaarte wat vir my uitgedeel is!

Ek draai toe af in ‘n sy straat en bel my vrou… in trane “Ek kan nie meer nie!” was my woorde. “Ek kan nie meer so aangaan nie, daar moet iets meer wees”. Ons maak toe die besluit om af te gaan na een salaris (haar salaris as onderwyseres) en vir my om meer voltyds by kerk betrokke te raak want dit is waar my passie lê – kerk (op daardie stadium).

Source: Unplash Photo by Chris Lawton

My groot beseffenis was dat ek myself tot op daardie plek gekry het en ek myself daaruit moet kry. Dit was in 2011, en in daardie jaar begin ‘n transformasie in my lewe plaasvind wat tot vandag toe nog gevul is met die positiewe inflasie van ‘n klomp klein, maar beter besluite wat lei na ‘n klomp groot veranderinge en ek is steeds besig om te groei!

Die toekoms is in jou hande.

Die dag wat jy vir jouself begin besluite neem, is ook die dag wat jou uitkoms jou eie verantwoordelikheid begin raak. Dis nie meer jou ouers of voogde se verantwoordelikheid nie.

Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is , kan verheerlik.” Matteus 5:16

Alhoewel my lewe met so bietjie van ‘n agterstand begin het (meer daaroor op ‘n later stadium) is die vooruitsigte regtig iets om oor opgewonde te raak vir my as mens, as ‘n man, ‘n pa en besigheidsman.

My sleutel vir groei

‘N Mens moet kan terugkyk na jou eie lewe om te sien waar jy vandaan kom, wat jy goed gedoen het en om ook dood eerlik te wees met jouself oor die dinge waarin jy nie so goed gedoen het nie.

Dan moet jy jouself toelaat om te verander en ook, weet dat verandering kom met ‘n prys. Jy gaan vriende verloor en nuwes ontmoet. Jy gaan dalk jou klere kas moet uitgooi en van voor af begin bou, watookal dit is, verandering het ‘n prys.

Laastens gaan jy elke nou en dan moet dink hoe jou toekoms gaan lyk as jy aangaan met die huidige gewoontes rondom jou lewe. Hoe spandeer ek, hoe spaar ek, hoe pas ek myself op, hoe is ek met ander mense ens.

Maar hoe doen ‘n mens dit, hoe!?

Het jy geweet dat jy ongeveer 7kg suiker per jaar inkry as jy tussen 2 en 3 koppies koffie (tee) per dag drink met slegs x1 lepel suiker per koppie. So, as jy twee of selfs drie lepels suiker in jou koffie nuttig kan dit opeindig om bykans 14-21kg suiker ‘n jaar te wees. Jy gaan die klein goeidjies moet meet!

Ek dink nie daar is baie mese wat eers bewus is van hul “klein” gewoontes nie. Gewoontes wat oor die jare gevorm is wat so natuurlik en onskuldig voel, maar het dalk ‘n negatiewe uitwerking oor jou lewe oor ‘n langer tydperk, ek meen jou gewig gaan nie so drasties verander oor ‘n kort tydperk nie so, dan kan dit nie so erg wees nie… Klein gewoontes soos om witbrood te eet eerder as bruinbrood, gas koeldrank instede van ‘n sap, skyfies instede van slaai of groente, maak ‘n wêreld se verskil.

Source: Unplash. Photo by Uday Mittal

Alles het ‘n effek op alles! Wat ek bedoel is dat jy nie op een area van jou lewe iets soos vryheid, vreugde en iets van ‘n betekenisvolle bestaan gaan ervaar, as daar een area is waarin jy nie slaag nie. Jy moet werk aan alles, die hele tyd, verewig. Maklik. Gees, siel en liggaam is ewe belangrik!

Dit gaan oor jou bewustheid. Weet jy dat jy nie weet nie of weet jy nie eers dat jy nie weet nie. Baie mense weet nie dat hulle nie weet nie en dit is ‘n baie slegte plek om op te wees; onbewus van wat jy op die einde van die dag alles aan jouself doen. Alhoewel hierdie baie relevant is vir jou fiesiese wese kan dieselle geld in ons geestelikke en emitionele groei.

“Volg my voorbeeld soos ek die voorbeeld van Christus volg” 1 Korintiërs 11:1

Dit is harde werk, no jokes!

As dit maklik was vir enige iemand om ‘n meer betekenisvolle lewe te lewe dan was die wêreld nou ‘n ander plek. Dit is nie. Dit is ‘n daaglikse proses van terugkyk, groei en verbetering sonder ‘n oomblik se opgee. Hoeveel mense kan iets begin – ek dink die meeste kan. Hoeveel mense kan deurdruk – dalk nie so baie mense nie. Met die eerste terugslag is dit asof jy weer van heel voor af moet begin en dit is waar meeste mense nie die hart of wilskrag het om weer van voor af te begin nie.

Source: Unplash, photo by Glen Carstens

Slot

Ek wens ek was perfek in die proses van my groei, maar ek is nie, opgee is soms ‘n opsie wat beter lyk as enige ander opsie. Vir sulke dae is daar meer as genoeg genade, liefde, staproetes, boeke en movies om jou ‘n oomblik te gee om asem te haal, en vir jou om net weer jou asem terug te kry.

As jou begeerte om te verander groter is as jou begeerte om te baklei vir jou reg om te hou wat jy het, dan dink ek jy is reg om te verander in die ‘beter jy’. Maar as jy jouself nog kry waar jy wil vashou aan wat jy ken en tog ‘n ander uitkoms wil sien uitspeel, voorspel ek vir jou teleurstelling. Dit lê in jou hande om te bepaal wie jy wil wees!

Andre Oberholzer

Leave a Comment

Your email address will not be published.