
Gebreekte Christen?
‘n gedagte asook ‘n refleksie oor Christenskap, en hoe ons dalk moontlik self verward kan wees of is, oor wat ‘dit’ moet wees. Vir die van ons wat wel gebreek was of is deur iemand wat verward is oor hoe Christenskap moet werk en, moontlik dan self (wetend of onwetend) iemand anders gebreek het omdat ons dit self nie mooi verstaan het nie. Ek hoop jy vind waarde in my refleksie.
Die Storie
Ek was ‘n wyle terug in ‘n motor ongeluk (2018), nie so dat ek of die ander party enige iets ernstig oorgekom het nie maar dit was wel groot genoeg vir my motor om afgeskryf te word as gevolg van die skade. Dit was nie ‘n lekker ervaring nie. Natuurlik. Die oorsaak van die ongeluk was veelvoudig – ek was te stadig op my remme en die die persoon voor my was weer vinniger (op die werk se trokkie sin) en maak toe dat my motor baie mooi onder sy agter-end kon inpas.
Beide ek en die ander motoris het kalm en rustig uit ons motors uitgeklim, dadelik begin omverskoning vra omdat beide van ons gevoel het dit was ons eie skuld en daarna het al die nodige regs aksies plaas gevind, die uitreil van nommers, virsekering die polisie verklaring ens. Ons het beide ‘n fout begaan.
Source: Unplash Photo by Sarah Kilian
Maar wat as hy of ek anders gevoel het oor die situasie? Wat as ek hom blameer het vir die feit dat hy te vinnig op die remme was? Of dat hy dalk weer gevoel het dat ek my oë op die pad moes hou? Ons almal weet hoe so ‘n situasie kan skeef loop deur finger te wys na iemand anders.
Wat die hart van vol is!
Lewe gee vir ons soms onvoorsiene situasies (soos ‘n kar ongeluk) wat ‘dit’ wat binne ons is, te laat uitkom. Nou, ek weet nie baie van Wetenskap, Wiskunde of die Wet sisteem van ons land nie, maar ek weet dat daar nie tjoklits uit ‘n bokdrol kan kom nie… en dis ‘n feit.
“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge . Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
Lukas 6:45
As ek of die ander drywer op daardie oomblik van daardie dag dalk moontlik, vol van frustrasie, ongeduld, bitterheid of selfs haat was, sou dit ‘n heel ander verhaal gewees het. Gelukkig was beide van ons vol van rustigheid, kalmte en vrede in daardie oomblik. Dankbaar dat niemand ernstig beseer is nie. Maar, lewe gebeur nie altyd so volgens die riglyne nie so moet asseblief die weergawe van Andre verwar met hoe ek op ander kere nie so “voorbeeldig” is nie.
Onregverdigge Blaam?
Ek onthou my Hoërskool Hoof wat altyd die volgende uitgewys het; as ‘n kind van ons skool in ons skool klere buite in die straat of die publiek intentioneel of on-intentioneel aanjaag, is dit nie die kind wat blameer word vir die swak besluit nie, maar die skool. Die rede daarvoor is eenvoudig – die klere wat ek aan het wys dat ek eintlik vir iets staan en die iets of iemand verteenwoordig. Die aanname is dat daardie iets, iemand of instansie die oorsaak is van daardie persoon wat verkeerd opgetree het in op ‘n manier wat nie die ware voorbeeld is van die waardes wat ten toon gestel moes word nie.
Hier is iets om oor te dink in ons huidige stand van dinge…’die land se wet sisteem is nie swak nie – die onvolmaakte persoon in die posisie is swak. Die polisie is nie korrup nie – die maklik beïnvloedbare persoon is die swak skakel.
En tog vorm dit soms ons opinie van ‘n instansie net as gevolg van die persoon wat dit verteenwoordig en so ook ons ‘Christenskap en die prentjie van wie die Kerk, Jesus en die die Woord eintlik moet wees; ‘n liefdes brief vol van Genade en Geregtigheid.
Ek verteenwoordig die Koninkryk
Ek en jy is verteenwoordigers van die Koninkryk van God (ek praat met jou wat ‘n besluit gemaak het om Christus aan te neem en aanvaar as jou verlosser en saligmaker) en hoeveel keer het ons al wetend of nie wetend dit waarvoor ons hemelse Vader staan, mis-interpreteer en as gevolg, mis-verteenwoordig nie?
Source: Unplash. Photo by Aimee Vogelsang
Die ander kant van die stalkie wil ek ook noem; dat daardie oomblik waar ‘n ander persoon se swakheid moontlik my en jou definisie van wie Christus is, kan verwar.
Dit is so maklik om die verskoning te maak; ‘die kerk het my seer gemaak’ of ‘die kerk het die of ‘die kerk het daai’, wanneer dit in realiteit net iemand was wat moontlik te vinnig of te stadig op die remme was, en al wat ons kan doen is om verskoning te vra en aan te beweeg. Hoeveel mense aanvaar nie die omverskoning van iemand wat waaragtig net ‘n fout gemaak het nie?
“Volg my voorbeeld soos ek die voorbeeld van Christus volg”
1 Korintiërs 11:1
Daardie oomblik van jou swakheid om iemand anders se lewe met die lig van Christus te beinvloed, mag dalk die ander persoon se definisie vorm van wie Jesus werklik is.
Ons is nie perfek of volmaak nie, niemand van ons nie. So as jy opsoek is na perfek of volmaak gaan jy meer kere as nie, teleurgestel word deur ‘n “Christen” en ook ander teleurstel.
So wat is die oplossing?
Jou lewe moet slegs ‘n aanwysing wees vir ander na Christus. ‘n kaart (Bybel) wat vir ander die pad wys. Dit kan slegs gebeur as jy weet hoe om die kaart wat vir jou gegee is, te kan lees en te kan verstaan hoe om self te kan onderskei wat is waar. Waar is noord en waar is suid. Waar is beter paaie en waar is paaie wat nie gemaak is vir ons om op te ry nie en op die uit einde lei tot ‘n krans of doodloop.
Source: Unplash, photo by Andrew Neel
Dis is ook baie belangrik om te verstaan dat ons net kan help rigting (raad gee) aanwys met sekerheid as ons self al op “die plek” was. Maar omdat ons die kaart (Bybel) goed verstaan kan ons help om ander te vertel van moontlikke slaggate en so deur uit ons eie ervaring om die kaart te lees iemand anders kan help om uit te kyk vir gevaar zones (besluite wat lei na skuld, skaam en seer) wat lei na agter strate waar ons nie moet wees of wil wees nie.
Slot
Ek hoop van harte dat die skryfstuk jou sal opbeur om ‘n beter ‘Kaart-Leser’ te word, en sodoende die ‘kennis van hoe die kaart werk eerder te deel met iemand in nood, in ‘n gat van sy eie of dalk wanneer jy in ‘n situasie kom waar jy self moet navigeer hoe jy moet reageer om ander nader te trek en te verwys na Christus; dit is hoe ons ons liggie skyn!
Alles wat jy doen, het ‘n effek op jou lewe, sowel as op die, van ander om jou. Jou naastes sowel as die mense wat jy selfs vir ‘n oomblik ontmoet deur geluk of ongeluk. Mag ‘Die Woord die riglyne van jou lewe bepaal, om in enige situasie die Koninkryk waardes altyd na vore bring.
Andre Oberholzer