‘n Bietjie van myself
Dit het begin toe ek 15 jaar oud was. Ek en my beste vriend vind onsself saam die “nekkies van die plekkie” na skool langs die skool se swembad. Dit was natuurlik ‘n tipiese gesprek van tieners seuns wat niks anders om te doen met hulle tyd as aanjaag, onbewus van die seer waarmee hulle eintlik rondloop.
‘n tipiese tiener gesprek volg (vir ons manne uit die weste). Wie slaan die hardste? Wie is die verste agter met hulle huiswerk? Watter “girls” is die mooiste? Wie kan die meeste drink (ek weet, die ambisie inspireer jou nie noodwendig nie, dankie tog ek het verander)? Voor ek my kon kry toe word ek my eerste sigaret aangebied, Camel light pappie!

Maar, ek is daar en ek sal amper enige iets doen om net aanvaar te word! So ek sê ja! Die res soos hulle sê, is geskiedenis. Daardie selle naweek toe raak ek so dronk soos ‘n tor (op vier biere). Die naweek daarna toe rook ek dagga (en drink soos ‘n matroos, drie biere) en die naweek daarna, ja jy het reg geraai, toe gebruik ek my eerste dwelms (ecstasy).
Dames en here…binne drie weke is ek van onskuldig en nie-wetend, na losbandig en al-wetend (jy vertel my naks)! Ek is oppad om ‘n “washout” te word. Tada!!! Ek kan verder uitbrei op die besluite wat hier gevolg het, maar ek glo dat meeste van ons die storie van hier af verder ken; it does not end well!
So is ek op 15 jaar oud baie vinnig baie diep ingetrek in ‘n lewe van losbandigheid en dwelm misbruik. wat aangegaan het tot en met die ouderdom van 18. WAT!? Ja, dit klink of ek vir jare aangegaan het, maar, ek het die lewe al te goed geken.

Ek het geweet hoe dit sou eindig as ek aangaan met die tiepe leefstyl. Dit het vir my baie maklik gekom omdat my pa self sy lewe lank in die tronk was as gevolg van dwelms, losbandigheid en natuurlik die manifestasie van alles wat gelei het tot hom wat dinge gedoen het wat ek nie eers seker is wat dit was nie. Maar hy was in die tronk daarvoor. En omdat hy in die tronk was – was ek ook in ‘n tronk!
In hierdie tyd was die aantrekkingskrag van die mooi liggies, meisies en baie vriende so oorweliggend lekker. Ek en my vriend het bekend geraak vir ons vermoëns as kuiergatte, en sommer vinnig vriende gemaak met ouens twee keer ons ouderdom wat natuurlik vir ons toegang gegee het tot ander “byvoordele” wat ander tieners nie gehad het nie.
Ek druip Graad 10 as gevolg van my gewoontes en min skool besoek. Ek het so een of tweekeer ‘n oordosis dwelms gebruik en kom op ‘n punt waar ek ‘n besluit moes maak. Na ek my “vriende” toe almal vra om saam my op te hou het hulle my eenvoudig net gesê dat ek maar op my eie kan ophou en dat hulle heel ok is met die tiepe lewe.
Ek het deur gedruk en my matriek gekry ( nie sonder n paar terugslae nie), ek het eerstespan rugby gespeel (losskakel), ek het self eerste span skaak gespeel asook deel geraak van die pantoemieme (( ek het nog altyd ‘n droom om mense te kan vermaak as akteur of kunstenaar gehad maar dit nooit gevolg nie). As ek net die tyd kon terugdraai!
My omkeer
Na my omkeer was dit nogsteeds baie moeilik, tot en met die ouderdom 22, waar ek finaal die besluit gemaak het om my lewe reg te ruk. Ek het nog gerook tot op daardie ouderdom en net beluit om op te hou. Ek het my gewoontes verander en werk nog van toe af om die beste weergawe te word van wie God my gemaak het om te wees!
Om my droom te volg as akteur, om te leer guitar speel en te begin sing, om eendag ‘n besigheid te hê asook om ‘n gesin te hê! Ek leer nog elke dag so baie van uithou en aanhou. Dat jou droom jou eie is om te volg en ons elkeen die verantwoordelikheid het om te te laat gebeur. Ons het reeds toestemming daarvoor!

As ek oes aanhou om te luister na elke uitnodiging wat deur ‘n wêreld daar buite gemaak word, om weer terug te keer na die mooi liggies, meisies en die ander blink goedjies sou ek verseker nie so geluk gewees het soos ek tans is nie. En dit is waaroor die lied gaan.
‘n nuuskierigheid om te wil weet wat aangaan. Uit te vind dat dit jou lewe heeltemal kan verwoes. Dankbaar dat ek daardeur is want ek het soveel geleer. Ewig dankbaar dat ek is waar ek is!
Ek lewe in met hoop
Gesondheid was nie altyd die beste gewees na al die mannewalis nie en in 2008 was ek gediagnoseer met ‘n outo Immune siekte genaamd ‘sarkoidosis’. Ek het dit gehad tot en met 2019 en besluit in Lockdown om te begin oefen – ek het dit weg geoefen!!
Ek het in 2009 op 25 begin leer guitar speel en sing. Ek doen nogsteeds
Ek is getroud in 2010 met my hoërskool liefde en ons het twee ongelooflike kinders (Lea, 7 / Aiden 3). Ons 11 jaar getroud in 2021!
Ek het deeltyds begin swot in 2011 aan een van my passies en het tans ‘n Graad in Teologie.
Ek het in 2015 ‘in my eerste rol in ‘n film gekry ‘Sy klink soos Lengte’. En het onlangs deel geraak van ‘n agentskap wat vir my meer oudisie geleenthede gee.
In 2019 voltyds vir myself begin werk en is tand doenig met www.seamlessproductions.co
Ek het n Visvang kanaal op Youtube asook die Andre Youtube kanaal!
Ek is ‘n dromer en gaan aanhou droom vir so lank as wat ek leef!